Argiewe in ’n digitale era: Wat is op die rekord?

Universiteit Stellenbosch (US) se argief bevat onder meer die rekords van al die vergaderings en korrespondensie van die universiteit van sy ontstaan tot nou. Dit is volgens  Karlien Breedt, ’n argivaris van die Universiteit se argief. Die digitale era het egter ’n reuse impak op argivering gehad, volgens Dr. Justin Pearce, senior dosent in Geskiedenis aan US. Daar is wetgewing wat bepaal wat bewaar moet word en hoe dit bewaar moet word, maar kenners wys uit dat dit nie so eenvoudig is nie.