Dorpsmuseum se Erfenisfees: Meer kuns en kultuur as tevore

Die Stellenbosch Dorpsmuseum het vanjaar by hul jaarlikse Erfenisdag-vierings, Erfenisfees (Heritage Fair), ’n groot verskeidenheid musiekuitvoerings ten toon gestel en nuwe werkswinkels aangebied. 

Dit is volgens Debbie Gabriels, bestuurder van die Stellenbosch Dorpsmuseum. Sy het gesê dat daar by dié 24 September-viering Khoi- en boeremusiekuitvoerings, sowel as taalblitskursusse en ’n klipwerktuig-werkswinkel bygevoeg is.

Volgens Gabriels is die museum se doel om die hele Stellenbosch-gemeenskap se kulture te verteenwoordig by die Erfenisfees.

Vanjaar is die derde jaar wat die museum hierdie fees aangebied het, het Gabriels gesê.

, ,