NOU TE SIEN: En Dit Vir Drugs

Op die ouderdom van 18 is Brenden Hendricks – soos baie ander jongmense van Uitsig, Wes-Kaap – in die greep van tik en “buttons“, vasgevang.

Die mense na aan hom het toegekyk hoe sy lewe in die verkeerde rigting begin snel het.

Sy keuses het ’n groot impak op sy familie gehad – veral op sy ma en ouma. Vir drie jaar lank het Hendricks sy lewe en verhoudings vir dwelmgeld gesmous.

Uiteindelik het hy uit sy toksiese omgewing na Atlantis gevlug om weer beheer van sy eie lewe te neem en homself te rehabiliteer.

“Brenden Hendricks is die bra wat getik het… opgehou tik het. ‘n Change gemaak het in sy lewe,” sê hy.

“Daai eerste try is ‘n lifetime of sorrows.” Maar “‘n Past is ‘n past”.

Die span: Leo Cordom, Heidi-Jane de Wee, Jenna Lemmer, Lezanne Steenkamp en Carl Thomas.

, ,