NOU TE SIENE: Afrikaans lyk anders op almal

’n Verkenning van die verskillende sprekers, uitdagings en toekoms van Afrikaans.

Die Afrikaanse taal het ontstaan uit ʼn mengelmoes van verskillende tale wat met mekaar kontak gehad het en vandag weerspieël die diversiteit van Afrikaanse sprekers en hul dialekte dit nogsteeds.

Hierdie dokumentêre film verken van hierdie sprekers se ervarings met Afrikaans; stereotipes, uitdagings en die belangrikheid van praat, lees, skryf en leef in jou moedertaal. Daar word gesels oor die oplewing wat Afrikaans tans in musiek en literatuur beleef én hulle gesels ook oor hoe die toekoms van Afrikaans kan lyk.

Die span agter Afrikaans lyk anders op almal is Inge du Plessis, Nicola Spingies, Helené Leonard.