Oudste boom in SU Botaniese Tuin bly in slag na sterk wind

Die oudste boom in Stellenbosch Universiteit se botaniese tuin het onlangs in die slag gebly nadat sterk winde die dorp trotseer het.

Dit is volgens Leon Visser,  ʼn boomkenner van Trees Unlimited, wat op die toneel was. 

“Gelukkig het die wind die dag gewaai en niemand het buite gesit nie,” het Charmyn van der Riet, bestuurder by die Botanical Café restaurant gesê.

Die helfte van die bloekomboom het om 14:30 op 23 Maart afgeskeur en omgewaai, volgens Visser.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het vroeër daardie week ’n weerwaak vir sterk winde uitgereik.

Benewens die boom, is skade in die proses ook aangerig aan ’n houtheining en aan tafels op die perseel, het Visser gesê. 

Tree that fell down behind red tape

Sterk winde het op Donderdag 13 Maart ʼn bloekomboom in die Stellenbosch Universiteit se botaniese tuin omgewaai, het Leon Visser, verbonde aan Trees Unlimited gesê. FOTO: Marise Schoonraad

Die boom het geval in die area van die Botanical Café restaurant, waar klante gewoonlik buite onder die boom sit, het Visser gesê. 

“Die reddingswerkers is dadelik gestuur en was nog voor ons hier, maar gelukkig het niemand seergekry nie,” het Visser gesê.  

Na die voorval, was die paadjies rondom die restaurant toe en niemand kon daar loop nie, volgens Van der Riet. Hulle moes die hekke toemaak, want niemand kon daar uitkom nie, het hy gesê. 

“Dit was ʼn hengse slag, ons het baie groot geskrik,” het Van der Riet gesê.

Fallen tree getting cut up

Die bloekomboom in die Stellenbosch Universiteit Botaniese Tuin wat gedurende sterk winde omgewaai het. Op hierdie foto het die skoonmaakproses reeds begin, en is takke opgesaag om paadjies weer begaanbaar te maak, het Leon Visser, verbonde aan Trees Unlimited gesê. FOTO: Marise Schoonraad

Die skade aan die perseel sluit die tafels en die hout heining rondom die tafels in, wat met die val gebreek het in, het Visser gesê. 

Verrotting, ouderdom dra by tot val

Nadat die wind die boom omgewaai het, is daar ʼn inspeksie gedoen oor wat die moontlike oorsake van die val kon wees, het Wanga Ncisie, ʼn senior hortoloog by die botaniese tuine gesê.

Daar is verrotting in die boom se stam gevind, het Ncisie gesê. Die verrotting is waarskynlik as gevolg van die boom se ouderdom, en sou hom onstabiel gemaak het tydens die sterk winde, het Ncisie gesê.

“Die boom is die oudste boom in die botaniese tuin en is tussen 90 en 100 jaar oud,” het Ncisie te gesê.

Stellenbosch Botanical Garden

’n Bloekomboom wat onlangs tydens sterk winde omgewaai het, was die oudste boom in die Stellenbosch Universiteit se botaniese tuin, het Wanga Ncisie, ’n senior hortoloog by die botaniese tuine gesê.FOTO: Marise Schoonraad

Volgens Ncisie is daar op 17 Maart ʼn vergadering deur die botaniese tuin se personeel gehou om te bepaal wat die volgende stappe is en wat met die oorblyfsels van die boom gedoen gaan word. 

Terwyl die deel van die boom wat geval het, opgesny is, sal die oorblywende deel teruggesnoei word as voorsorgmaatreël, het Tessny Cornelissen, ʼn werknemer by die restaurant gesê, op Vrydag 21 Maart.

, , ,