Die Stellenbosse restaurant, The Table at De Meye, voorsien daagliks voedsame maaltye aan sowat 300 kwesbare mense in die Cloetesville-gemeenskap.
Dít is te danke aan die befondsing wat hulle ontvang het van die Eat Out Restaurant Relief Fund – ’n inisiatief wat deur die Suid-Afrikaanse kospublikasie, Eat Out, geloods is.
“Wanneer ’n mens uitgaan [om die kos uit te deel] sien ’n mens hoe dankbaar mense werklik is én hoe dit hulle dag maak,” het Leigh Williamson, mede-eienaar van The Table at De Meye, gesê.
Hulle deel daagliks sop en brood aan kinders en bejaardes uit, het Williamson gesê.
- Leigh Williamson, co-owner of The Table at De Meye, bakes chocolate cake as a surprise for the children in Cloetesville. “It’s a simple recipe my mom used to make for us,” she said. PHOTO: Supplied/Leigh Williamson
- According to Cloetesville community member Vernon Adams, on some days more than 1000 people receive food from this project. “Without this help, many children and older people would have been without food,” he said. PHOTO: Supplied/Vernon Adams
- Vernon Adams, member of the Cloetesville community, knows the community well. He ensures that the food is handed out in densely populated areas – where it’s needed most. PHOTO: Supplied/Vernon Adams
- According to Leigh Williamson, co-owner of The Table at De Meye, the team at The Table put a lot of vegetables into the soup to make it as nutritious as possible. PHOTO: Supplied/Leigh Williamson
“Die fonds ondersteun tot dusver 32 restaurante reg oor die land. Elke restaurant teken aan hoeveel maaltye hulle voorberei,” het Tarryn Corlett, hoof van die Eat Out Restaurant Relief Fund, aan MatieMedia gesê.
Elke betrokke restaurant berei daagliks tussen 50 en 3 000 maaltye voor. Dit beteken ongeveer 17 000 word elke dag gevoed, het Corlett gesê.
Williamson en die span by The Table at De Meye werk nou saam met Vernon Adams, ’n gemeenskapslid van Cloetesville wat vir die afgelope 18 jaar betrokke is by uitreike in dié gemeenskap.
“Die tye waarin ons nou is, is baie moeilik. Sonder hierdie hulp sou baie kinders en ouer mense sonder kos gewees het,” het Adams gesê.
- According to Eat Out’s Tarryn Corlett, The Table at De Meye and Eike by Bertus Basson are the only restaurants in Stellenbosch which have received funding from the Eat Out Restaurant Relief Fund, so far. PHOTO: Supplied/ Leigh Williamson
- “We miss being super busy every day and having our regular customers at the restaurant,” said co-owner of The Table at De Meye, Leigh Williamson (front right). The team at The Table (from left to right): Ella Hamilton Russell, Happiness Zumu, Brendan Thorncroft and Alex Rykaart. PHOTO: Supplied/Leigh Williamson
- Social distancing guidelines are followed when the soup is handed out to the community. PHOTO: Supplied/Leigh Williamson
- According to Vernon Adams, member of the Cloetesville community, the children greatly appreciated the chocolate cake that his wife, Janine Adams, is pictured handing out. PHOTO: Supplied/Leigh Williamson
Meer oor die fonds
Restaurante wat tydens die inperking maaltye aan behoeftiges of voedingskemas in hul gemeenskappe voorsien, kan aansoek doen vir ’n toelaag van tot R50 000, het Corlett gesê.
“Stellenbosch is een van die mees besoekte wyn- en kulinêre bestemmings in die Wes-Kaap en is afhanklik van plaaslike- en internasionale besoekers om die ondernemings, wat werk aan plaaslike gemeenskappe bied, te ondersteun,” het Corlett gesê.
Volgens Corlett het die inperking ’n groot impak op dié ondernemings. Die uitgawes van restaurante en wynplase, wat tydens die inperking gesluit is, bly dieselfde – al ontvang hulle tans min óf geen inkomste, het sy gesê.
“Die finansiële hulp wat dié fonds aan restaurante bied, is ook bedoel om personeel- en bedryfskostes te dek, sodat restaurante kop bo water kan hou,” het Corlett gesê.
Eat Out het ’n wydverspreide, multi-platform reklameveldtog vir die Restaurant Relief Fund van stapel gestuur. VIDEO: YouTube/Eat Out
Om aan die fonds te skenk:
Besoek die Eat Out donasie-webblad.
Jy kan ook die Suid-Afrikaanse, michelin-ster-sjef, Jan Hendrik Van der Westhuizen, se spesiale digitale inperkingsuitgawe tydskrif, JAN the CONVERSATION JOURNAL, teen R29,99 op die JAN the JOURNAL-toepassing koop. Dié bedrag sal aan die Eat Out Restaurant Relief Fund geskenk word.
Om aansoek te doen vir befondsing:
Besoek die Eat Out befondsing-webblad.