SLUT Walk: ‘Not a moment, but a movement’

“Check the words you are using, check how you are describing other people and check the way that you are thinking about yourself and other women.”

This is the message Dalaine Krige, student liaison officer at the Equality Unit of Stellenbosch University (SU), hopes women will take to heart after Thursday’s SLUT Walk on the Rooiplein.

The SLUT walk, which is an acronym for Start Letting Us Talk was started by Metanoia residence in 2017.

The event kicked off in front of the university library before they took to the streets. Members of the march were waving placards and chanting phrases such as “no means no” and “my body, my choice”.

The event kicked off on the Rooiplein before the students took to the streets of Stellenbosch. PHOTO: Michael Davidson.

The event kicked off on the Rooiplein before the students took to the streets of Stellenbosch. PHOTO: Michael Davidson.

The march was a collaborative project by both the Critical Engagement Forum and the SRC Womxn Empowerment Group.

According to Vuyokazi Hlwatika (20), co-organiser of the SLUT Walk, the goal of the event was to create awareness regarding rape culture and body shaming on campus.

Hlwatika argues that rape culture is not context-specific and can present itself in any social environment.

The SLUT Walk was preceded by a panel discussion on Wednesday evening. The discussion was centred on issues such as rape culture and body shaming. One of the key points that was addressed was men’s involvement in the movement.

According to Hlwatika, men were welcome to participate in the event and to share their opinions.

“Men can definitely be allies, but they should not place themselves at the centre of the conversation. The focus is on women.”

Another student activist and panel member, Aadila Mahomed (19), also mentioned that the SLUT Walk is more than just a once-off campaign and that it consists of values that ought to be applied every day.

“It’s not just a moment. It’s a movement.”

Students waved placards with phrases such as “patriarchy must fall”. PHOTO: Michael Davidson.

Students waved placards with phrases such as “patriarchy must fall”. PHOTO: Michael Davidson.

Luke Waltham (19), a law student and participant in the march, said he took part in the event to show his support for women on campus and in society in general who are continuously “dehumanised” and who are “subjected to a patriarchal system”.

“We need active change on this campus. We must stop talks and discussions and rather have proper implemented policies.”

Anneline Arries (18), a BA Language and Culture student, says she participated because she has trouble expressing herself in her community.

“If I wear a crop top or a short skirt, men will whistle at me, make negative comments and even try to touch me.”

Aluwani Ramarumo (21), SRC Transformation chair, made a closing speech in which she commented on the importance of hosting the event in April.

“It is the month of freedom and it is an opportunity for us to celebrate our freedom as women.”

Aluwani Ramarumo, SRC member of Womxn Empowerment, made a closing speech on the Rooiplein. PHOTO: Michael Davidson.

Aluwani Ramarumo, SRC Transformation  chair, made a closing speech on the Rooiplein. PHOTO: Michael Davidson.

The SLUT Walk originated after an incident in Canada during which a police officer made a comment about a woman who reported a rape incident. He argued that the incident could have been prevented if she was not dressed like a “slut”.

Shortly after the incident, an international movement came to be with marches in countries such as America, Canada, Australia and many more.

Afrikaans volg.

This slideshow requires JavaScript.

SLUT Walk: ‘Dis meer as ’n oomblik; dis ’n beweging’

“Kyk na die woorde wat jy gebruik, kyk na hoe jy ander mense beskryf en kyk na die manier waarop jy dink oor jouself en ander vroue.”

Hierdie is die boodskap wat Dalaine Krige, studentebeampte by die Gelykheidseenheid van die Universiteit Stellenbosch (US),  hoop Donderdag se “SLUT Walk” op die Rooiplein, by vroue sal tuisbring.

Die geleentheid het afgeskop buite die universiteitsbiblioteek voordat die groep ’n optog deur die res van die dorp gelei het. Deelnemers het plakkate rondgeswaai en slagspreuke geskree soos “nee beteken nee” en “my liggaam, my keuse”.

Beide die Kritiese Bevorderingsforum en die SR Vrouebemagtiging-portefeulje van US het kragte saamgespan om die byeenkoms op die been te bring.

Volgens Vuyokazi Hlwatika (20), mede-organiseerder van die “SLUT Walk”, is die doel van die geleentheid om bewustheid te skep van die verkragtingskultuur op kampus.

Hlwatika meen dat ’n verkragtingskultuur nie eie is aan ’n bepaalde konteks nie, maar in enige sosiale omgewing kan voor kom.

Krige verduidelik dat die term “verkragtingskultuur” nie beteken dat mense verkragting as aanvaarbaar beskou nie.

“Dit verwys na die klein dingetjies in ons samelewing wat vroue verkleineer en hul menslikheid afbreek.”

Die “SLUT Walk” is voorafgegaan deur ’n paneelbespreking op Woensdagaand wat geleentheid gebied het vir die publiek om vrae te rig aan die organiseerders. Een van die hoofpunte wat aangespreek is tydens hierdie gesprek, is mans se betrokkenheid by die beweging.

Volgens Hlwatika was mans welkom om die geleentheid by te woon en hul opinies te deel.

“Mans kan definitief ondersteuners wees, maar hulle moet waak daarteen om hulself die middelpunt van die gesprek te maak. Die fokus is op vroue.”

Aadila Mohamed (19), ’n studente-aktivis en paneellid, het ook verduidelik dat die veldtog nie net bestaan uit ’n eenmalige optog nie maar dat dit waardes is wat daagliks toegepas moet word.

“Dis meer as ’n oomblik; dis ’n beweging.”

Luke Waltham (20), ’n regsstudent en deelnemer aan die optog, sê hy woon die geleentheid by ter ondersteuning van alle vroue op kampus en in die samelewing wat “gestroop word van hul menslikheid”.

“Ons het verandering nodig op kampus. Ons moet ophou praat en eerder behoorlike beleide in werking stel,” voeg hy by.

Anneline Arries (18), ’n BA Taal-en Kultuur student, sê sy neem deel aan die optog omdat sy sukkel om haarself uit te druk in haar gemeenskap.

“As ek ’n kort toppie of rompie dra, sal sommige mans vir my fluit, negatiewe kommentaar lewer en selfs probeer om aan my te vat.”

In haar slottoespraak, het Aluwani Ramarumo (21), ’n SR-lid vir Vrouebemagtiging, kommentaar gelewer oor die belangrikheid daarvan dat die byeenkoms in April aangebied word.

“Dit is ’n maand van vryheid en dit is ’n geleentheid vir ons om ons vryheid as vroue te vier.”

Die “SLUT Walk” het gespruit uit ’n insident in Kanada, waartydens ’n polisieman ’n aanmerking gemaak het teenoor ’n vrou wat ’n klag van verkragting aangemeld het. Hy het gesê dat die insident voorkom sou kon word indien sy nie soos ’n “slet” aangetrek het nie.

Kort daarna is ’n internasionale beweging tot stand gebring met optogte in onder andere Amerika, Kanada en Australië.

Dit is die tweede jaar wat Stellenbosch die “SLUT Walk” aanbied, nadat dit in 2017 deur Metanoia ingestel is.

Nicolette van Schalkwyk and Ross Michaels