Super Cadres: Pieter du Toit se nuutste blitsblaaier 

Die joernalis Pieter du Toit het onlangs met SMF News gesels oor sy nuwe boek ‘Super Cadres’ nadat hy in Stellenbosch was om die boek bekend te stel. Du Toit het gesels oor sy skryfproses, belangstelling in magsdinamika binne die politieke landskap, en hoe belangrik dit is om nuus te verstaan. 

Super Cadres is op 2 September deur Jonathan Ball Publishers uitgegee.

SMF News het die Stellenbosse boekbekendstelling op 18 September bygewoon by Paul Roos se Old Boys Centre. 

“Ek dink dis ’n belangrike boek om te skryf. Ek het geweet dit gaan eers na die verkiesing bekendgestel word so dis nie soseer oor aktuele nuus nie, maar wel oor historiese rekord,” het Eugene Ashton, uitvoerende hoof van Jonathan Ball Uitgewers, gesê.

“Dis ’n boek oor [die] verstaan [van hoe] ons polities tot op hierdie punt gekom het […] Deur dit te verstaan, kan ons verstaan [waarheen] ons op pad is,” het Ashton gesê. 

“Hierdie boek is maklik een van die belangrikste boeke wat [Jonathan Ball] al gepubliseer het.”