Lara Terry, ’n nagraadse onderwysstudent, vertel hoe sy haar eie besigheid gestig en laat groei het – alles terwyl sy haar studies voltooi.
Terry het tydens haar voorgraadse studies Youth to Youth Childcare and Tutoring gestig, ’n kindersorg en -onderrigdiens vir ouers en hul kinders in die Stellenbosch-gebied. Sy gesels met ons oor hoe haar besigheid nie net vir ouers en kinders van Stellenbosch help nie, maar ook hoe sy werkskepping bevorder deur ywerige studente aan te stel.