Varsitybeker: Maroen Masjien probleMaties vir Kovsies

Met agt drieë teenoor twee het Maties Maandagaand behoorlik op Shimla Park in Bloemfontein met Shimlas afgereken. Die eindtelling was 59 vir Maties, met Shimlas wat 14 punte aangeteken het.

Die wedstryd is goed deur skeidsregter Ruhan Meiring, ’n biokinetikus van Hartenbos, geblaas.

Shimlas het die wedstryd met die wind van agter begin. Dit het egter geen voordeel aan hulle gebied nie. Die Shimlas het tydens die wedstryd met hul lynstane gesukkel.

Ná sewe minute het Johann van Niekerk van Maties ’n drie gedruk. Jordan Chait het egter regs van die pale verby geskop en die telling het bly staan op 5-0.

8 johann van niekerk.jpg

Johann van Niekerk is aangewys as die FNB Player That Rocks. FOTO: Van Zyl Naude.

Die skrums was aan die begin ewe sterk van beide spanne, maar soos die wedstryd gevorder het, het Maties al sterker geword.

Maties het ’n 5-meter skrum gewen en toe ook die lynstaan. Daar is op Ben-Jason Dixon gegooi en Daniel Jooste het in die 15de minuut gaan druk.

Chait het egter weer die pale gemis en na 19 minute was die telling 10-0 in die guns van die Maroen Masjien.

Na die eerste strategiese breek het Shimlas steeds gesukkel met hul lynstane. Daar was ook hanteringsfoute en kommunikasie-gapings by die Maties vyftiental.

Die Shimlas het na 30 minute begin sukkel in die skrums.

In die 32ste minuut het Lubabalo Dobela die Shimlas se eerste geleentheid om pale toe te skop, verbrou nadat ’n strafskop toegeken is.

Net voor halftyd het die spelers aan mekaar begin stamp en ’n strafskop is toegeken, met Chait en Jooste van Maties as die uitgesonderde sondebokke.

Volgens die televisiebeampte sou “’n strafskop die manne kalmeer”. Geen punte het daaruit ontstaan nie.

Mervin Roos en BJ Dixon.jpg

Ben-Jason Dixon gryp die bal voor Mervin Roos van Kovsies in die lynstaan. FOTO: Van Zyl Naude.

Nadat die tweede helfte afgeskop het, het Maties aanvanklik nie skerp gelyk nie, aangesien ’n paar hanteringsfoute ingeglip het.

Chris Smit van Maties het kantlyn toe geskop en die Maties het die lynstaan gewen. Chris Massyn het in die 42ste minuut ’n drie gedruk. Met Chait se skop deur die pale was die telling 17-0.

’n Paar minute later het Shimlas egter van hulle laat hoor. Kurt Eybers het oor die lyn geduik vir vyf punte en Dobela het die drie verdoel. Na 46 minute het die telling op 17-7 gestaan in die Maties se guns.

Skaars ’n minuut later het Piet-Louw Strauss Maties se vierde drie gedruk en Chait se skop het die pale gevind.

Charl Pretorius het ’n uitstekende drie vir Shimlas gedruk en Dobela het in die 54ste minuut die telling na 24-4 opgeskuif.

Chait het in die 63ste minuut ’n strafskop verdoel en die telling het sodoende op 27-14 gestaan.

Net 4 minute later het Chait oor die doellyn gestrek en sy drie verdoel om die telling 34-14 te maak.

Na die tweede strategiese breek het Brendon Nell vir Maties gedruk. Hy en Chris Smit het ’n uitmuntende skerbeweging uitgevoer.

Aangesien hulle vanuit hul eie halfgebied begin hardloop het, het die drie 7 punte getel. Na 70 minute was die telling 43-14.

Brendon Nell of FNB Maties Kinging moment during the Varsity Cup match between FNB Shimlas and FNB Maties at Shimlapark Stadium, Monday 25 March 2019, Bloemfontein, 2019

Brendon Nell in aksie. Hy het die Steers Kinging Moment-prys gewen. FOTO: Van Zyl Naude.

Chait het vier minute later nog ’n drie gedruk maar Adriaan van der Bank het die pale gemis en dus het die telling op 50-14 bly staan.

Munier Harzenberg het ’n uitstekende drie in die 77ste minuut gedruk, sy vyfde drie in die Varsitybeker-toernooi. Van der Bank het toe die bal tussen die pale deurgejaag om die eindtelling na 59-14 te vat.

Kaptein Ernst van Rhyn sê dat hulle die groepafdeling op ’n hoë noot wil beeindig. Maties speel volgende week teen die Universiteit van die Wes-Kaap (UWK) op Stellenbosch se Danie Craven Stadion.

“UWK is nie ’n span wat onderskat moet word nie. Ons het baie respek vir hulle,” het Van Rhyn na die tyd gesê.

,