Verkenning van liefde en identiteit in Namakwaland

Teater: Suurdeeg

29 September om 19:00 

Adam Small Lab

Die toneelstuk, Suurdeeg, is ’n aangrypende verhaal wat identiteit, kultuur en emosies verken. Die verhaal word speel teen die agtergrond van Namakwaland uit. Die titel is betekenisvol en verwys na die Namakwalandse tradisie van brood bak. FOTO: Verskaf/Woordfees

Suurdeeg is ’n aangrypende verhaal wat identiteit, kultuur en emosies verken teen die agtergrond van Namakwaland. Die titel verwys na die Namakwaland-tradisie van brood bak.

Hierdie toneelstuk, geskryf deur Miché van Wyk, beïndruk van die karakters tot klank en beligting op die verhoog. Die stuk is emosioneel,  maar jy gaan beslis lag by sekere dele.

Die gehoor word bekendgestel aan twee kontrasterende karakters. René Cloete vertolk die rol van Anna, ’n vrou wat agtergelaat is deur haar man wat ver van die huis af werk. Hierdie eensaamheid en die maatskaplike verwagtinge wat op haar geplaas word, staan sentraal tot die storielyn. Jodine Ockers vertolk die rol van Emma, ’n Kapenaar. 

Suurdeeg is ’n toneelstuk wat die kompleksiteit van hierdie twee karakters se lewens onthul en die verskille tussen die twee uiteenlopende karakters illustreer.

Die spanning

Die verhaal neem ons op ’n reis van ontdekking, waarin die uitdagings van liefde en vriendskap persoonlik en kultureel is. Die spanning tussen Anna en Emma is duidelik en kan aangevoel word soos wat hulle hul gevoelens probeer hanteer in ’n samelewing wat dikwels emosies onderdruk. Hierdie interne- en eksterne konflik laat die gehoor met angstigheid.

Van Wyk gebruik kulturele simbole, soos die betekenis van brood en tabak, om die storielyn te verryk. Hierdie elemente beklemtoon die verskille tussen Anna en Emma en bied ’n dieper insig tot hulle innerlike en die verband tussen hulle.

René Cloete vertolk die rol van Anna, ’N vrou wat onderwys studeer het. Anna is agtergelaat deur haar man wat ver weg werk. Hierdie eensaamheid sowel as die maatskaplike verwagtinge wat op haar geplaas word, staan sentraal tot die storielyn. FOTO: Verskaf/Woordfees

Treffende dialoog

Die dialoog tussen die karakters is soms gebroke wat die huiwerigheid van Anna en Emma om hul gevoelens ten volle te deel, weerspieël. Hierdie styl versterk die egtheid van hul interaksies met mekaar en laat hulle emosionele uitdagings sterker na vore kom.

Dit is die twee vroue se samewerking wat die narratief dryf, en hul pad na begrip en aanvaarding weerklink op verskeie vlakke. Ek kon nie anders as om met die karakters te vereenselwig nie. Hierdie vereenselwiging maak die ervaring van die stuk nog meer intens.

Albei akrisses vertolk hulle rolle baie goed en dra die spanning tussen Anna en Emma suksesvol oor.

Suurdeeg is ’n betekenisvolle stuk wat die rykdom van die Namakwa-kultuur belig en die temas van liefde, vrees en die soeke na behoort aanspreek.

Die skrywer se stem is nie net noodsaaklik nie, maar ook verfrissend en haar werk maak ’n belangrike bydrae tot ons plaaslike teaterbedryf.

Die toneel het emosies deurentyd gehad. Wanneer Anna en Emma praat, raak hulle dieper op hoe die lewe vroue definieer, soos die druk om by die huis te bly en van jou drome te vergeet. 

Ek kon myself in die akteurs se skoene plaas, en dit was vir my ‘n baie goeie ervaring om die toneel te kon beleef het.

 Jodine Ockers speel as Emma, wat van Kaapstad afkom en dan in Namakwaland opeindig. Emma verskil van Anna, maar die twee vind vertroosting by mekaar en raak dan verlief. FOTO: Verskaf/Woordfees